32 Ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gerus.
33 Die vierde dag het ons die silwer en die goud en die tempelgereedskap gaan weeg in die tempel van ons God en dit aan die priester Meremot seun van Urija oorhandig in die teenwoordigheid van Eleasar seun van Pinehas. Die Leviete Josabad seun van Jesua, en Noadja seun van Binnuï was by hulle.
34 Alles was daar en die gewig was reg, en die gewig is dié dag noukeurig opgeskryf.
35 Die mense wat uit die ballingskap teruggekom het, het toe aan die God van Israel brandoffers gebring: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers en twaalf bokke as 'n sondeoffer. Alles was brandoffers aan die Here.
36 Die opdragte van die koning is aan die gevolmagtigde verteenwoordigers van die koning en aan die goewerneurs van Wes-Eufraat oorhandig, en hulle het van toe af bystand verleen aan die volk en aan die tempel.