1 'n Uitspraak van die Here wat Hy aan die profeet Habakuk geopenbaar het.
2 Hoe lank moet ek om hulp roepvoordat U hoor, Here,moet ek by U bly kla oor geweldvoordat U red?
3 Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word,waarom kyk U toe as daar soveel ellende is?Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld,en word daar getwis en gebaklei.
4 Die wet het nie meer krag nie,en daar geskied nie meer reg nie.Slegte mense het die oorhand oor die goeies,en so word die reg verkrag.
5 Die Here het geantwoord:Kyk na die ander nasies:julle sal verstom staan oor wat julle sien.Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal gloas dit vir julle vertel word nie.
6 Ek gaan die Galdeërs laat kom,die wrede, woeste nasiewat dwarsoor die aarde rondtrekom lande te verower wat nie hulle s'n is nie.