11 Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het,en die balke skreeu saam.
12 Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord,wat 'n dorp aanlê met onreg.
13 Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dítwaarvoor volke gewerk hetin vlamme opgegaan het,dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.
14 Soos waters die seebodem bedek,so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.
15 Ellende wag vir hom wat, toe hy vir 'n ander drank gegee het,dit met gif gemeng heten hom dronk gemaak hetom na sy kaal geslagsdele te kan kyk.
16 Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word,jy sal self dronk word en jou ontbloot!Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink,en jou eer sal in skande verander word.
17 Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref,jou mishandeling van die diere op die Libanonsal jouself vernietig.Jy het baie bloed vergiet,jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.