16 Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word,jy sal self dronk word en jou ontbloot!Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink,en jou eer sal in skande verander word.
17 Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref,jou mishandeling van die diere op die Libanonsal jouself vernietig.Jy het baie bloed vergiet,jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.
18 Wat is die nut van 'n afgod?Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is,'n beeld waarvan net bedrogte wagte kan wees.Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrouas hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie?
19 Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: “Word wakker!”of vir 'n dooie stuk klip: “Staan op!”Kan 'n afgod jou iets leer?Al is hy met goud of silwer oorgetrek,is daar geen lewe in hom nie.
20 Die Here is in sy heilige tempel:almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!