6 Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom singen met minagting na hom verwys.Hulle sal sê:Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie,wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur?
7 Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees,dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staanen jou sal kaalstroop.
8 Jy het baie nasies geplunder,maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder,want jy het baie bloed vergiet,geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.
9 Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het,hy wat vir hom 'n hoë nes wou boujuis om 'n ramp vry te spring.
10 Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk;jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak.
11 Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het,en die balke skreeu saam.
12 Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord,wat 'n dorp aanlê met onreg.