8 Jy het baie nasies geplunder,maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder,want jy het baie bloed vergiet,geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.
9 Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het,hy wat vir hom 'n hoë nes wou boujuis om 'n ramp vry te spring.
10 Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk;jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak.
11 Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het,en die balke skreeu saam.
12 Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord,wat 'n dorp aanlê met onreg.
13 Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dítwaarvoor volke gewerk hetin vlamme opgegaan het,dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.
14 Soos waters die seebodem bedek,so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.