10 Toe die berge U sien, het hulle gebewe,stormwaters het verbygespoel,die diep water het gedreunen sy golwe hoog laat opslaan.
11 Toe u vlieënde pyle blitsen u blink spies flikker,het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek.
12 In u gramskap stap U oor die aarde,in u toorn vertrap U die nasies.
13 U het uitgegaan om u volk te red,om u gesalfde koning te red.U verpletter die aanvoerder van die goddeloses,U stroop hulle kaal van kop tot tone. Sela
14 Met sy eie pyle deurboor U die aanvoerderwanneer sy manskappe uitstorm om ons te verstrooiterwyl hulle jubel soos dié wat dieellendiges in hulle skuilplekke verslind.
15 U trek deur die see met u perdesodat die magtige waters bruis.
16 Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder,my lippe het gebewe,my hele liggaam het lam geword,my bene het aan die ruk gegaan.Tog sal ek geduldig wagdat die dag van die oordeelmoet kom oor die volk deur wie ons aangeval is.