3 God kom van Teman af,die Heilige kom van Paranberg af. SelaDie hemelruim is vol van sy majesteit,die aarde vol van sy roem.
4 Hy kom met die glans van die lig,weerligte blits uit sy hand,sy hand so vol mag.
5 Voor Hom uit gaan die pes,in sy voetstappe volg die dood.
6 Wanneer Hy staan, skud die aarde;wanneer Hy kyk, bewe die nasies.Die eeue-oue berge verkrummel,die ou-ou heuwels val inmekaar,die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!
7 Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,hoe die tentdoeke van Midian bewe.
8 Was U kwaad vir die riviere, Here?Het u toorn teen die strome ontvlam?Het die see U woedend gemaakdat U op u perde gery het,op die strydwaens waarmee U oorwin?
9 U het u boog uitgehaalen met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. SelaU het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom.