7 Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,hoe die tentdoeke van Midian bewe.
8 Was U kwaad vir die riviere, Here?Het u toorn teen die strome ontvlam?Het die see U woedend gemaakdat U op u perde gery het,op die strydwaens waarmee U oorwin?
9 U het u boog uitgehaalen met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. SelaU het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom.
10 Toe die berge U sien, het hulle gebewe,stormwaters het verbygespoel,die diep water het gedreunen sy golwe hoog laat opslaan.
11 Toe u vlieënde pyle blitsen u blink spies flikker,het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek.
12 In u gramskap stap U oor die aarde,in u toorn vertrap U die nasies.
13 U het uitgegaan om u volk te red,om u gesalfde koning te red.U verpletter die aanvoerder van die goddeloses,U stroop hulle kaal van kop tot tone. Sela