1 “Jy is mooi, my liefling,jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier.Jou hare is soos 'n trop bokkewat teen die Gileadberge afkom.
2 Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skapewat nou net skoon gewas is,elkeen met 'n tweeling,nie een sonder 'n lam nie.
3 Jou lippe is soos skarlakenrooi lint,jou mond bekoor my.Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitteagter jou sluier.
4 Dié aan jou nek is soos die Dawidstoringwat uit rye klip gebou is;aan hom hang duisend skilde,al die skilde van die helde.
5 Jou twee borste is soos takboklammers,soos die tweeling van 'n ribbokwat tussen die lelies wei.