7 Alles aan jou is mooi, my liefling,aan jou is niks verkeerd nie.
8 Kom saam met my van die Libanon af, my bruid,kom saam met my van die Libanon af,kom af hier van die top van Amana,van die top van Senir en Hermon af,weg van die leeus se skuilplekke,weg van die luiperds se hoë lêplekke af.
9 “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid,jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë,met een skakel in die ketting om jou hals.
10 Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid,jou liefkosings is beter as wyn,jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie.
11 Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid,jou tong soos heuning en dikmelk,en jou klere ruik soos die Libanon.
12 “My beminde bruid is 'n tuin wat toegemaak is,'n tuin met 'n muur om, 'n fontein wat afgekamp is.
13 Jou liggaam is 'n lushof,granaatbome met keurige vrugte,hennastruike saam met nardus,