3 Die Here het 'n saak teen Juda, Hy gaan Jakob straf vir sy dade, hom laat boet vir wat hy gedoen het.
4 Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei.
5 Jakob het met 'n Engel gestoei en gewen. Jakob het gehuil en van God hulp verwag: “By Bet-El sal Hy ons ontmoet, daar sal Hy met ons praat.
6 Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.”
7 Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig.
8 Efraim is 'n skelm handelaar: hy buit graag mense uit.
9 En dan sê hy: “Ek is ryk, ek het myself ryk gemaak. Terwyl ek my besittings bymekaargemaak het, het ek niks gedoen wat verkeerd is nie.”