5 Dit is Ek wat jou in die woestyn, in 'n dor land versorg het.
6 Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.
7 Toe het Ek vir hulle geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat vir hulle langs die pad voorlê.
8 Ek sal hulle aanval soos 'n beerwyfie wie se kleintjies afgeneem is. Ek sal hulle borskaste oopskeur. Soos 'n leeu sal Ek hulle daar verslind. Roofdiere sal hulle uitmekaarskeur.
9 Ek het jou vernietig, Israel, Ek wat jou eers gehelp het.
10 Waar is jou koning dan nou? Laat hy jou help in al jou stede! Waar is jou regeerders van wie jy gesê het: “Gee vir my 'n koning en amptenare”?
11 Ek gee vir jou 'n koning in my toorn en Ek vat hom weg in my woede!