1 Luister wat die Here vir julle sê, Israeliete!
2 So sê die Here:Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie.Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie,want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is.
3 Hulle voorskrif om 'n god te kry, is sinloos:hulle kap 'n boom in die bos af,'n ambagsman kerf dit uit met 'n beitel,
4 hy versier dit met silwer en goud,met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.
5 Sulke gode kan net so min praat as 'n voëlverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie.
6 Waar is iemand soos U, Here?U is groot, die mag van u Naam is groot.