8 Hulle is almal gekke en dwase,want 'n stuk hout kan vir 'n mens niks leer nie.
9 Die silwerbeslag kom uit Tarsis, die goud uit Ufas.Dit is die werk van 'n ambagsman en 'n goudsmid,die afgode is geklee in pers en rooi wolstof,alles die werk van kunstenaars.
10 Maar die Here is die ware God:Hy is die lewende God, die Koning vir altyd;van sy toorn bewe die aarde,teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie.
11 So moet julle vir hulle sê:“Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,sal van die aarde af verdwyn onder die hemel uit.”
12 Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.
13 Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel;Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af,Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën,Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.
14 Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis, hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.