16 Wanneer hulle dit drink, sal hulle waggel en slinger: dit is oorlog wat Ek onder hulle loslaat.
17 Ek het die beker uit die hand van die Here gevat en al die nasies na wie toe Hy my gestuur het, laat drink
18 om hulle te verwoes en om hulle name dan te laat gebruik wanneer mense ander wil bang maak, wil skrikmaak of wil vervloek: Jerusalem, die stede van Juda, sy konings en sy amptenare;
19 die farao van Egipte, sy onderdane, sy amptenare, sy volk
20 en die gemengde bevolking in Egipte; al die konings van Us, al dié van die Filistynse stede Askelon, Gasa, Ekron en wat van Asdod oorgebly het;
21 Edom, Moab en die Ammoniete,
22 al die konings van Tirus, Sidon, die kusstreke oorkant die see;