26 al die konings van die noorde, dié wat naby is en dié wat ver is, een na die ander, al die koninkryke wat oor die hele aarde versprei is. Heel laaste moet die koning van Sesak die beker drink.
27 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Drink en word dronk en braak en val! Julle sal nie opstaan nie. Dit sal gebeur deur die oorlog wat Ek onder julle sal loslaat.
28 Wanneer hulle weier om die beker uit jou hand te vat om te drink, moet jy vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige: Drink sal julle drink!
29 Kyk, Ek begin 'n ramp bring oor die stad waaroor my Naam uitgeroep is, en wil julle los uitstap, sonder om gestraf te word? Nee, Ek het die oorlog teen al die bewoners van die aarde ingeroep, sê die Here die Almagtige.
30 Jy moet as profeet optree teen hulle en dit alles vir hulle sê:Die Here brul in die hoogte,Hy laat sy stem hoor in sy heilige woonplek,Hy brul hard teen sy weiveld,Hy roep van vreugde soos dié wat druiwe trap,Hy sing 'n klaaglied oor al die bewoners van die land.
31 Die klank sal trek tot in die uithoeke van die aarde,want die Here kla die nasies aan,Hy sal al die mense straf,die goddeloses aan die oorlog uitlewer,sê die Here.
32 So sê die Here die Almagtige:Daar trek 'n ramp van nasie tot nasie,'n groot storm steek op van die uithoeke van die aarde af.