4 Die dag ná die moord op Gedalja, toe niemand nog daarvan wis nie,
5 kom daar tagtig mans uit Sigem, Silo en Samaria aan. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere geskeur en hulle was vol wonde wat hulle hulleself toegedien het. Hulle het graanoffers en wierook by hulle gehad wat hulle na die huis van die Here toe wou bring.
6 Ismael seun van Netanja het hulle huil-huil uit Mispa tegemoet gegaan, en toe hy by hulle kom, sê hy vir hulle: “Kom saam na Gedalja seun van Agikam toe!”
7 Maar toe hulle binne in die stad is, het Ismael seun van Netanja, hy en die manne wat by hom was, sewentig van die mans doodgemaak en in 'n put gegooi.
8 Die ander tien mans het vir Ismael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, ons het koring en gars en olie en heuning wat in die veld weggesteek is!”Hy het hulle toe laat staan en hulle nie saam met hulle vriende doodgemaak nie.
9 Die put waarin Ismael die lyke gegooi het van die mans wat hy doodgemaak het, was dié een wat deur koning Asa gegrawe is toe hy deur koning Baesa van Israel beleër is. Ismael seun van Netanja het die put vol lyke gemaak.
10 Daarna het Ismael al die mense gevange geneem wat nog in Mispa oor was, die prinsesse en al die ander mense wat in Mispa oor was en wat deur die hoof van die lyfwag Nebusaradan onder die sorg van Gedalja seun van Agikam geplaas was. Ismael seun van Netanja het hulle gevange geneem en vertrek om na die Ammoniete toe te gaan.