1 Oor die Ammoniete. So sê die Here:Het Israel dan nie seuns nie,het hy niemand wat sy vyand verdryf nie?Waarom het Milkom die gebied van Gad in besit geneemen woon sý mense in Gad se stede?
2 Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek oorlog aankondig teen Rabba, die Ammonietestad.Hy sal 'n verlate ruïneheuwel worden sy buitedorpe sal afgebrand word.Dan sal Israel dié verdryf wat hom verdryf het,sê die Here.
3 Huil, Gesbon, jy is verwoes, 'n puinhoop,roep om hulp, vroue van Rabba,trek rouklere aan en treur,hardloop heen en weer tussen die landmure,want Milkom word in ballingskap weggevoersaam met sy priesters en sy amptenare.
4 Wat beroem jy jou op valleie, weerspannige volk,op jou waterryke vallei?Jy vertrou op jou rykdom en jy sê:“Wie sal my bykom?”
5 Ek bring angs oor jou vir almal rondom jou,sê die Here God, die Almagtige.Julle sal uitmekaargejaag word,en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.
6 Maar Ek sal tóg later die lot van die Ammoniete verander,sê die Here.
7 Oor Edom. So sê die Here die Almagtige:Is daar geen wysheid meer in Teman nie?Het die manne met insig nie meer raad nie?Het hulle wysheid verdwyn?