3 Huil, Gesbon, jy is verwoes, 'n puinhoop,roep om hulp, vroue van Rabba,trek rouklere aan en treur,hardloop heen en weer tussen die landmure,want Milkom word in ballingskap weggevoersaam met sy priesters en sy amptenare.
4 Wat beroem jy jou op valleie, weerspannige volk,op jou waterryke vallei?Jy vertrou op jou rykdom en jy sê:“Wie sal my bykom?”
5 Ek bring angs oor jou vir almal rondom jou,sê die Here God, die Almagtige.Julle sal uitmekaargejaag word,en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.
6 Maar Ek sal tóg later die lot van die Ammoniete verander,sê die Here.
7 Oor Edom. So sê die Here die Almagtige:Is daar geen wysheid meer in Teman nie?Het die manne met insig nie meer raad nie?Het hulle wysheid verdwyn?
8 Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan!Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar.
9 As ander jou wingerd kom afoes,sal hulle niks vir jou laat oorbly nie.As daar diewe in die nag kom,steel hulle tot hulle genoeg het.