1 Wat die Here deur die profeet Jeremia oor Babel en oor Galdeërland gesê het:
2 Vertel vir al die nasies, kondig dit aan!Hou 'n vaandel op, kondig dit aan!Moet dit nie stil hou nie, sê:Babel is ingeneem, Bel is verslaan,Marduk staan verskrik,Babel se beelde staan verslae,sy afgode staan verskrik.
3 Daar trek 'n nasie uit die noorde teen hom open maak sy land 'n verlate plek;daar woon niemand meer nie,mens en dier het op die vlug geslaan.
4 Dan, daardie tyd, sê die Here,sal die Israeliete en die Judeërs saam vertrek.Hulle sal huil-huil loopen na die wil van die Here hulle God vra.
5 Hulle sal die pad vra na Sion toe,hulle sal hiernatoe kom en sê:“Kom ons bind ons aan die Herein 'n blywende verbond wat nie vergeet sal word nie.”
6 My volk was skape wat weggeraak het:hulle herders het hulle laat verdwaal,hulle in die berge laat rondswerf;die skape het van die een berg na die ander toe geloopen vergeet waar hulle rusplek is.
7 Hulle is opgeëet deur enigeen wat op hulle afgekom het,en hulle vyande het gesê: “Ons het nie skuld daaraan nie,dit gebeur omdat hierdie volk gesondig het teen die Here,die Here by wie hulle 'n ware tuiste kon vinden op wie hulle voorvaders hulle hoop gevestig het.”