4 Dan, daardie tyd, sê die Here,sal die Israeliete en die Judeërs saam vertrek.Hulle sal huil-huil loopen na die wil van die Here hulle God vra.
5 Hulle sal die pad vra na Sion toe,hulle sal hiernatoe kom en sê:“Kom ons bind ons aan die Herein 'n blywende verbond wat nie vergeet sal word nie.”
6 My volk was skape wat weggeraak het:hulle herders het hulle laat verdwaal,hulle in die berge laat rondswerf;die skape het van die een berg na die ander toe geloopen vergeet waar hulle rusplek is.
7 Hulle is opgeëet deur enigeen wat op hulle afgekom het,en hulle vyande het gesê: “Ons het nie skuld daaraan nie,dit gebeur omdat hierdie volk gesondig het teen die Here,die Here by wie hulle 'n ware tuiste kon vinden op wie hulle voorvaders hulle hoop gevestig het.”
8 Vlug uit Babel uit, gaan uit Galdeërland uit,wees soos die voorbokke voor die kleinveetrop!
9 Ek gaan uit 'n land in die noorde'n groep groot nasies laat komen hulle teen Babel laat optrek.Hulle sal in gelid teen hom opruken hy sal van die noorde af ingeneem word.Hulle pyle is soos dié van 'n soldaatwat kinders wees laat word:elke pyl skiet raak.
10 Galdeërland sal geplunder word,en dié wat plunder, sal oorgenoeg kry,sê die Here.