12 Hulle huise sal ander mense s'n word,en ook hulle lande en hulle vrouens,want Ek gaan die inwoners van die land straf, sê die Here.
13 Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk,almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.
14 Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk.Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!”Maar niks is reg nie.
15 Wanneer hulle aan die kaak gestel wordoor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het,skaam hulle hulle nie eens nie,hulle weet nie van skaamte nie.Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle;wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.
16 So sê die Here:Staan by die kruispaaie en kyk,en vra na die ou paaie.Vra watter pad die beste is en loop dit,dan sal julle rus vind.Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.”
17 Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê:Luister na die ramshoring!Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.”
18 Daarom moet julle luister, nasies,en kyk wat met hulle gaan gebeur.