26 My volk, trek rouklere aan, rol in die as,treur soos oor die dood van 'n enigste kind,huil bittere trane, want die verwoester is op ons.
27 Ek stel jou aan om my volk te toets,Ek maak jou sterk; ondersoek en toets wat hulle doen.
28 Hulle is almal hardkoppige rebelle,hard soos brons en yster;hulle loop mekaar en beswadder,hulle is almal korrup.
29 Die blaasbalk blaas,maar die vuur kry nie die lood afgeskei nie;die smelter smelt verniet,hy kry die afvalstowwe nie uitgesmelt nie.
30 Hulle bly weggooisilwer;dit is wat hulle genoem word,want die Here het hulle verwerp.