12 Iemand wat met sy skoondogter gemeenskap het, moet doodgemaak word, en sy ook. Hulle het iets afskuweliks gedoen. Hulle verdien die dood.
13 “Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen 'n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
14 Iemand wat met 'n ma en haar dogter trou, begaan 'n afskuwelike sonde. Hulle moet al drie 'n vuurdood sterf. Julle mag sulke afskuwelike sondes nie duld nie.
15 “'n Man wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet doodgemaak word, en die dier ook.
16 'n Vrou wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet doodgemaak word, en die dier ook. Sulke mense moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
17 “As 'n man met sy suster of halfsuster se toestemming gemeenskap met haar het, is dit 'n skandelike daad. Hulle moet in die openbaar van hulle volksgenote afgesny word. Hy het skande oor sy suster gebring en moet die gevolge dra.
18 As 'n man met die toestemming van 'n vrou wat menstrueer, gemeenskap met haar het, moet albei afgesny word van hulle volksgenote.