10 “Geen onbevoegde persoon mag van die gewyde gawes eet nie, ook nie 'n bywoner of dagloner van 'n priester mag daarvan eet nie.
11 Slawe wat deur die priester gekoop is, of dié wat van geboorte af deel is van sy huishouding, mag wel eet van die kos wat hy ontvang.
12 Wanneer 'n priester se dogter trou met iemand wat nie lid is van die priesterfamilie nie, mag sy nie langer van die gewyde gawes eet nie.
13 “As so 'n dogter egter 'n weduwee word of van haar man skei en sy geen kinders het nie, mag sy weer by haar pa gaan inwoon soos toe sy 'n jongmeisie was en kan sy ook van die kos eet wat hy ontvang. Geen onbevoegde persoon mag egter van die gewyde gawes eet nie.
14 “As 'n onbevoegde persoon per ongeluk van die gewyde gawes eet, moet hy die waarde daarvan plus twintig persent aan die priester uitbetaal.
15 “Die priesters moet egter toesien dat die gewyde gawes wat die Israeliete aan die Here gee, nie ontwy word nie.
16 Hulle mag nie toelaat dat onbevoegde persone van die gewyde gawes eet nie, want dan sal hulle straf oor hulleself bring. Ek, die Here, heilig die priesters.”