1 Die woord van die Here wat gekom het tot Miga van Moreset tydens die regering van die Judese konings Jotam, Agas en Hiskia. Dit handel oor Samaria en Jerusalem.
2 Luister, alle volke!Gee aandag, aarde met al jou bewoners!Die Here my God wil teen julle getuig,die Here wil uit sy heilige tempel getuig.
3 Die Here kom uit sy woonplek uit,Hy kom af,Hy kom oor die hoë plekke van die aarde.
4 Berge smelt weg onder Hom,laagtes skeur oop.Soos was in vuur smelt, so smelt die berge,hulle loop teen die hellings af soos water.
5 Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob,oor die oortredings van die volk Israel.Wat is die sonde van Jakob?Samaria!Wat is Juda se afgodshoogte?Jerusalem!
6 Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak,'n plek om wingerde te plant.Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi,sy fondamente oopgrawe.
7 Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word,sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word.Ek sal al sy afgode vernietig,want hy het hulle bymekaargemaakmet sy verdienste uit prostitusie.Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.