9 Samaria se sweer is ongeneeslik,dit het gesprei tot by Juda:dit raak al aan my volk se stadspoort,aan Jerusalem.
10 Moet dit nie in Gat vertel nie,moenie daaroor huil nie,gaan rol liewer in die stof in Bet-Leafra.
11 Gee pad, jy wat in Safir woon,jy is kaal uitgetrek.Jy wat woon in Saänan, kan nie uitkom nie,die mense van Bet-Esel treur,hy kan julle nie meer help nie.
12 Jy wat in Marot woon, is siek van angs,daar het onheil van die Here af gekomtot by die poorte van Jerusalem.
13 Span die perde voor die strydwa,jy wat in Lakis woon!In Lakis het die sonde van Sion begin,die oortredings van Israel is daar gevind.
14 Daarom is 'n trougeskenk aan Moreset-Gat gegee.Die huise van Aksib is 'n teleurstellingvir die konings van Israel.
15 Jy wat in Maresa woon,die Here laat een wat verower, na jou toe kom.Die trots van Israel sal tot by Adullam kom.