2 Hulle begeer 'n stuk grond en vat dit,huise, en lê beslag daarop.Hulle kul 'n man uit sy huis uit,'n mens uit sy besitting uit.
3 Daarom, so sê die Here:Ek beplan 'n ramp teen hierdie mense,hulle sal dit nie kan ontwyk nie.Hulle sal nie meer regop kan loop nie,want dit sal 'n tyd van swaarkry wees.
4 Daardie dag sal hulle 'n spotlied oor jou maak,hulle sal 'n klaaglied sing en sê:“Ons is geheel en al vernietig,my volk se besitting is opgedeel,dit is van ons afgevat,ons land is onder verraaiers verdeel.”
5 Daarom sal jy nie meer iemand in die gemeente van die Here hêom jou land te verdeel nie.
6 Dié wat maak of hulle profete is, sê:“Moenie jý 'n profeet probeer wees nie,moenie oor dié dinge praat nie.Daar sal nie ellende oor ons kom nie.”
7 Volk van Jakob, moet daar gevra word:“Is die Gees van die Here kwaad?Doen Hy sulke dinge?”Belowe Ek nie goeie dingevir dié wat opreg lewe nie?
8 My volk het in die afgelope tyd 'n vyand geworden in opstand gekom;julle stroop die mooi klere afvan dié wat houtgerus by julle verbystapsoos soldate van die slagveld af.