6 Dié wat maak of hulle profete is, sê:“Moenie jý 'n profeet probeer wees nie,moenie oor dié dinge praat nie.Daar sal nie ellende oor ons kom nie.”
7 Volk van Jakob, moet daar gevra word:“Is die Gees van die Here kwaad?Doen Hy sulke dinge?”Belowe Ek nie goeie dingevir dié wat opreg lewe nie?
8 My volk het in die afgelope tyd 'n vyand geworden in opstand gekom;julle stroop die mooi klere afvan dié wat houtgerus by julle verbystapsoos soldate van die slagveld af.
9 Julle jaag die vrouens van my volkuit hulle gerieflike huise uit,julle vat die blywende gerief wat Ek hulle gegee het,van hulle kinders af weg.
10 Maak klaar, gee pad!Dit is nie julle blyplek nie,want dit is onrein en verwoes,onherstelbaar verwoes!
11 Wanneer 'n rondloper, 'n bedrieër lieg en sê:“As profeet beloof ek aan julle wyn en bier,”sal hy vir hierdie volk dié profeet wees.
12 Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob,Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het,Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in 'n kraal,soos 'n groot kudde in die weiveld,die wêreld sal dreun van mense.