3 Hy sal oordeel tussen baie volke,regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon.Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smeeen van hulle spiese snoeiskêre.Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie,en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
4 Elke man sal onder sy eie wingerd sit,ongesteurd onder sy vyeboom.Die Here die Almagtige het dit gesê.
5 Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god,ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.
6 Daardie dag, sê die Here,sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,en ook dié wat Ek met rampe getref het.
7 Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak,die siekes 'n sterk nasie.Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers,nou en vir altyd.
8 Verlate vesting, Sionsheuwel,die beloftes aan jou sal vervul word:jy sal weer heers soos voorheen,Jerusalem sal weer die hoofstad wees.
9 Waarom skreeu jy so hard?Het jy nie 'n koning nie?Het jou raadgewer omgekomdat kraampyne jou oorval het?