6 Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees,hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom,soos stortreëns op groen graswat nie vir 'n mens wag nie,nie na mense kyk nie.
7 Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees,tussen baie volke,hulle sal daar wees soos 'n leeu tussen wildof tussen 'n trop skape:hy verskeur as hy tussen hulle deurstap,hy vang sy prooi,en niemand kan dit uit sy bek ruk nie.
8 Mag jy jou teenstanders oorweldig, Israel,mag al jou vyande uitgeroei word!
9 Daardie dag, sê die Here,sal Ek jou perde uitroei,jou strydwaens vernietig.
10 Ek sal die stede van jou land vernietig,al jou vestingstede afbreek.
11 Ek sal jou toorgoed wegvat uit jou hand,daar sal nie meer waarsêery by jou wees nie.
12 Ek sal jou afgodsbeelde vernietig,jou klippilare by jou afbreek.Jy sal nie meer jou handewerk aanbid nie.