2 Berge, vaste fondamente van die aarde,julle moet luister na die saak wat die Here het.Die Here het 'n saak teen sy volk,Hy het Israel aangekla.
3 My volk, wat het Ek jou aangedoen?Hoe het Ek jou moeg gemaak?Antwoord My!
4 Ek het jou uit Egipte gebring,Ek het jou uit die plek van slawerny gered,Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,ook vir Aäron en Mirjam.
5 My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab,en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het.Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het.
6 Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan,as ek voor die hoë God gaan kniel?Moet ek met offers na Hom toe gaan,met jaaroud kalwers?
7 Sal die Here duisende ramme aanvaarsaam met tienduisende offers van olie?Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde,hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?
8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,dat jy liefde en trou sal bewys,dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.