11 Daar het een uit jou gekom, Nineve,wat kwaad bedink teen die Here,planne wat nie sal slaag nie.
12 So sê die Here:Al is hulle hoe sterk, hoe baie,hulle sal afgemaai word en tot niet gaan.Ek het jou verneder, my volk,maar Ek sal jou nie weer verneder nie.
13 Ek breek nou die juk wat op jou is,Ek vernietig die bande wat jou bind.
14 Maar oor jou, Nineve, beveel die Here:“Jou naam sal nie meer genoem word nie!”Ek vernietig die beelde in jou tempels,Ek grawe jou graf, want dit is klaar met jou.
15 Kyk daar, oor die berge kom 'n boodskapper aangehardloopwat goeie nuus aankondig:Vier jou feeste, Juda,betaal jou geloftes!Die verdrukker sal nie weer deur jou land trek nie,hy is verslaan, vernietig.