6 Wie kan bly staan voor sy woede?Wie kan sy gloeiende toorn weerstaan?Sy gramskap breek deur soos 'n veldbrand.Rotse word voor Hom uit uitmekaar gebreek.
7 Die Here is goed,Hy is 'n toevlug in tyd van nood,Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
8 Maar met 'n vloed wat alles meesleur,vee Hy die plek weg waar Nineve lê,jaag Hy sy vyande die duisternis in.
9 Wat julle ook al teen die Here bedink,Hy maak dit tot niet.Daar sal nie weer verdrukking wees nie.
10 Al is julle inmekaargevleg soos dorings,en al is julle deurweek van drank,julle sal soos kurkdroë stoppels verbrand word.
11 Daar het een uit jou gekom, Nineve,wat kwaad bedink teen die Here,planne wat nie sal slaag nie.
12 So sê die Here:Al is hulle hoe sterk, hoe baie,hulle sal afgemaai word en tot niet gaan.Ek het jou verneder, my volk,maar Ek sal jou nie weer verneder nie.