8 Maar met 'n vloed wat alles meesleur,vee Hy die plek weg waar Nineve lê,jaag Hy sy vyande die duisternis in.
9 Wat julle ook al teen die Here bedink,Hy maak dit tot niet.Daar sal nie weer verdrukking wees nie.
10 Al is julle inmekaargevleg soos dorings,en al is julle deurweek van drank,julle sal soos kurkdroë stoppels verbrand word.
11 Daar het een uit jou gekom, Nineve,wat kwaad bedink teen die Here,planne wat nie sal slaag nie.
12 So sê die Here:Al is hulle hoe sterk, hoe baie,hulle sal afgemaai word en tot niet gaan.Ek het jou verneder, my volk,maar Ek sal jou nie weer verneder nie.
13 Ek breek nou die juk wat op jou is,Ek vernietig die bande wat jou bind.
14 Maar oor jou, Nineve, beveel die Here:“Jou naam sal nie meer genoem word nie!”Ek vernietig die beelde in jou tempels,Ek grawe jou graf, want dit is klaar met jou.