1 Daar kom iemand wat jou sal verjaag, Nineve:bewaak jou vestings,hou dop die pad,maak jou gereed vir die stryd,monster al jou kragte!
2 Die Here gaan die eer van Jakob, van Israel, herstelsoos dit vroeër was,al is hulle kaal geplunderen hulle wingerde verwoes.
3 Die skilde van Nineve se aanvallers is rooi geverf,hulle soldate het rooi uniforms aan.Wanneer hulle gereedmaak om te veg,blink hulle strydwaens soos vuuren swaai hulle die spiese.
4 Oor die paaie dreun die strydwaens,hulle jaag oor die vlaktes;hulle lyk soos fakkels,soos blitse wat verbyskiet.