2 Die Here gaan die eer van Jakob, van Israel, herstelsoos dit vroeër was,al is hulle kaal geplunderen hulle wingerde verwoes.
3 Die skilde van Nineve se aanvallers is rooi geverf,hulle soldate het rooi uniforms aan.Wanneer hulle gereedmaak om te veg,blink hulle strydwaens soos vuuren swaai hulle die spiese.
4 Oor die paaie dreun die strydwaens,hulle jaag oor die vlaktes;hulle lyk soos fakkels,soos blitse wat verbyskiet.
5 Nineve maak staat op sy bevelvoerders,maar hulle struikel as hulle aanstorm.Hulle hardloop na die stadsmuur toe,maar die vyand se stormram staan al!
6 Die sluise van die kanale word oopgetrek,en die paleis stort inmekaar.
7 Dit staan vas: Nineve word ontvolk,sy inwoners word weggevoer,sy slavinne kla soos duiwe wat koeren slaan hulleself op die bors.
8 Nineve is soos 'n damwaarvan die water uitloop.“Staan, bly staan!” klink die bevel,maar niemand draai om nie.