9 Die aanvallers roep: “Buit silwer, buit goud!Die voorraad is onuitputlik,daar is nie 'n einde aan mooi goed nie.”
10 Nineve is kaal geplunder, leeggedra, verniel,sy mense is verslae, hulle knieë knak,hulle kry krampe in die onderlyf,almal is bleek van die skrik.
11 Waar is die lêplek van die leeus nou,die jagveld van die jong leeus?Waar is die leeu en sy wyfiewat onbevrees met hulle welpies rondgeloop het?
12 Waar is die leeu wat gevang het vir sy kleintjies,wat die nek van sy prooi vir sy wyfies gebreek het,wat sy boerplek vol vleis gemaak het,sy lêplek met wat hy gevang het?
13 Ek tree teen jou op, Nineve, sê die Here die Almagtige.Ek laat jou strydwaens in vlamme opgaan,die swaard sal jou dapper leeus afmaai,Ek vee alles wat jy bymekaargemaak het, van die aarde af,jou gesante sal nie meer gehoor word nie.