1 Ellende wag vir jou,bloedbevlekte stad;jy is vol bedrog,gevul met buit,jy hou nie op met roof nie!
2 Swepe klap,wiele dreun,perde jaag,strydwaens vat net hier en daar grond;
3 ruiters galop,swaarde blink,spiese blits.Daar is baie gewondes,hope dooies,ontelbare lyke:mense struikel oor hulle!
4 Dit kom van die hoer Nineve se onsedelikheid,die mooi vrou met haar toorkunste,wat volke verwoes het met haar hoerery,nasies met haar toorkunste.
5 Ek tree teen jou op, sê die Here die Almagtige:Ek sal al jou klere uittrek,Ek sal volke jou kaal liggaam laat sien,koninkryke die skande van jou naaktheid.