11 Ook jý sal dronk raak en beneweld word,ook jý sal soek na 'n skuilplek teen die vyand.
12 Al jou vestings is soos vyebome met ryp voorvye:as die bome geskud word,val die vye in die eter se mond!
13 Jou manskappe is soos vroumense.Die poorte van jou land staan wawyd oop vir jou vyande,vuur verteer jou sluitbalke.
14 Skep vir jou water vir die beleëring,versterk jou vestings;spring in die modder,trap dit tot klei,gryp die steenvorm!
15 Selfs dáár sal die vuur jou verteer,die swaard jou uitroei,jou vernietig asof jy 'n sprinkaan is.Word so baie soos sprinkane,vermeerder soos sprinkaanswerms!
16 Jy het mos meer handelaars gehadas wat daar sterre aan die hemel is.Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg,
17 en jou wagte is soos treksprinkane,jou bevelhebbers is soos 'n swerm sprinkanewat op die klipmure sit solank dit koud is,maar as die son opkom, vlieg hulle wegen niemand weet waarheen nie!