14 Skep vir jou water vir die beleëring,versterk jou vestings;spring in die modder,trap dit tot klei,gryp die steenvorm!
15 Selfs dáár sal die vuur jou verteer,die swaard jou uitroei,jou vernietig asof jy 'n sprinkaan is.Word so baie soos sprinkane,vermeerder soos sprinkaanswerms!
16 Jy het mos meer handelaars gehadas wat daar sterre aan die hemel is.Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg,
17 en jou wagte is soos treksprinkane,jou bevelhebbers is soos 'n swerm sprinkanewat op die klipmure sit solank dit koud is,maar as die son opkom, vlieg hulle wegen niemand weet waarheen nie!
18 Jou regeerders sluimer, koning van Assirië,jou vername mense slaap,jou manskappe is verstrooi op die bergeen daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie.
19 Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie,jou wond is dodelik;almal wat die tyding oor jou verneem,klap hande daaroor,want wie het nie almal voortdurendonder jou wreedhede gely nie?