4 Dit kom van die hoer Nineve se onsedelikheid,die mooi vrou met haar toorkunste,wat volke verwoes het met haar hoerery,nasies met haar toorkunste.
5 Ek tree teen jou op, sê die Here die Almagtige:Ek sal al jou klere uittrek,Ek sal volke jou kaal liggaam laat sien,koninkryke die skande van jou naaktheid.
6 Ek sal jou aan minagting prysgee,Ek sal mis op jou gooi,en van jou so 'n spektakel maak
7 dat elkeen wat jou sien,van jou af sal padgee en sê:“Nineve is verwoes!Wie is daar wat hom jammer kry?Waar sal ek gaan soek namense wat jou kan troos?”
8 Is jy beter as No-Amon,die stad aan die Nyl,omring deur water,beskut deur massas water?
9 Wat hom sterk gemaak het, was Kus en Egipte,en hulle wás sterk!Sy bondgenote was Put en Libië.
10 Selfs No-Amon het 'n balling geworden is in gevangenskap weggevoer;ook sý babatjies is verpletterop al die straathoeke;sy aansienlikes is uitgeloot,al sy vername manne is met kettings geboei.