6 Ek sal jou aan minagting prysgee,Ek sal mis op jou gooi,en van jou so 'n spektakel maak
7 dat elkeen wat jou sien,van jou af sal padgee en sê:“Nineve is verwoes!Wie is daar wat hom jammer kry?Waar sal ek gaan soek namense wat jou kan troos?”
8 Is jy beter as No-Amon,die stad aan die Nyl,omring deur water,beskut deur massas water?
9 Wat hom sterk gemaak het, was Kus en Egipte,en hulle wás sterk!Sy bondgenote was Put en Libië.
10 Selfs No-Amon het 'n balling geworden is in gevangenskap weggevoer;ook sý babatjies is verpletterop al die straathoeke;sy aansienlikes is uitgeloot,al sy vername manne is met kettings geboei.
11 Ook jý sal dronk raak en beneweld word,ook jý sal soek na 'n skuilplek teen die vyand.
12 Al jou vestings is soos vyebome met ryp voorvye:as die bome geskud word,val die vye in die eter se mond!