9 Wat hom sterk gemaak het, was Kus en Egipte,en hulle wás sterk!Sy bondgenote was Put en Libië.
10 Selfs No-Amon het 'n balling geworden is in gevangenskap weggevoer;ook sý babatjies is verpletterop al die straathoeke;sy aansienlikes is uitgeloot,al sy vername manne is met kettings geboei.
11 Ook jý sal dronk raak en beneweld word,ook jý sal soek na 'n skuilplek teen die vyand.
12 Al jou vestings is soos vyebome met ryp voorvye:as die bome geskud word,val die vye in die eter se mond!
13 Jou manskappe is soos vroumense.Die poorte van jou land staan wawyd oop vir jou vyande,vuur verteer jou sluitbalke.
14 Skep vir jou water vir die beleëring,versterk jou vestings;spring in die modder,trap dit tot klei,gryp die steenvorm!
15 Selfs dáár sal die vuur jou verteer,die swaard jou uitroei,jou vernietig asof jy 'n sprinkaan is.Word so baie soos sprinkane,vermeerder soos sprinkaanswerms!