2-3 Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is.
4 Julle moet hierin bygestaan word deur persone wat hoofde is van hulle families, een uit elke stam.
5 En dit is die name van die manne wat vir julle moet bystaan:“uit die stam Ruben: Elisur seun van Sedeür;
6 uit Simeon: Selumiël seun van Suri-Saddai;
7 uit Juda: Nagson seun van Amminadab;
8 uit Issaskar: Netanel seun van Suar;
9 uit Sebulon: Eliab seun van Gelon;