21 Daarna het die Kehatgroep vertrek. Hulle het die gewyde voorwerpe gedra. Die tabernakel moes opgerig wees teen die tyd dat hulle daar aankom.
22 Ná hulle het die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Efraim vertrek. Elisama seun van Ammihud was in bevel van hierdie afdeling.
23 Gamliël seun van Pedasur was in bevel van die afdeling van die stam Manasse,
24 en Abidan seun van Gidoni oor die afdeling van die stam Benjamin.
25 Die volgende wat vertrek het, was die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Dan wat die agterhoede van al die afdelings gevorm het. Agiëser seun van Ammi-Saddai was in bevel van hierdie afdeling.
26 Pagiël seun van Okran was in bevel van die afdeling van die stam Aser,
27 en Agira seun van Enan oor die afdeling van die stam Naftali.