33 Die Israeliete het van die berg van die Here af weggetrek, drie dagreise ver. Die verbondsark van die Here het gedurende die drie dae voor hulle uit getrek om vir hulle 'n plek te vind waar hulle kon oorbly.
34 Die wolk van die Here was bedags oor hulle as hulle van die kampplek af wegtrek.
35 Elke keer wanneer die ark vertrek, het Moses gesê:“Trek op, Here,verstrooi u vyande!Laat hulle wat vir U haat,voor U wegvlug!”
36 En wanneer die ark neergesit word, sê Moses:“Kom terug, Here,na die ontelbare menigtes van Israel toe.”