1 Dit het sleg gegaan met die volk, en hulle het die Here daaroor verwyt. Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword en vuur onder hulle in gestuur. Dit het 'n deel van die kamp verbrand.
2 Die volk het hulle nood by Moses gekla, en hy het tot die Here gebid, en die vuur het doodgegaan.
3 Hulle het die plek Tabera genoem, omdat die vuur van die Here onder hulle gebrand het.
4 Die mense van ander afkoms wat saam met die Israeliete getrek het, het 'n onweerstaanbare lus vir vleis gekry, en toe het die Israeliete self ook begin kla en gesê: “As ons tog net vleis gehad het om te eet!
5 Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel.
6 Maar nou wurg ons. Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!”
7 Die manna was soos koljandersaad en het gelyk soos balsemgom.