31 Die Here het toe 'n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring en hulle rondom die kamp laat val, omtrent 'n dagreis ver na alle kante toe en omtrent 'n meter diep op die grond.
32 Die volk het daardie hele dag en die hele nag en ook die volgende dag uitgegaan en kwartels bymekaargemaak. Elkeen het minstens 'n ton vleis bymekaargemaak en dit rondom die kamp oopgegooi.
33 Die vleis was nog tussen hulle tande, hulle het nog nie begin kou nie, toe ontvlam die toorn van die Here teen die volk. Hy het baie van hulle om die lewe gebring.
34 Hulle het dié plek Kibrot-Taäwa genoem, omdat hulle die gulsige mense daar begrawe het.
35 Van Kibrot-Taäwa af het die volk na Gaserot toe weggetrek en daar gebly.